Marloth Park Lodge Akkomodasie naby Kruger Park Krokodilbrug & Malelane Hek

 

ADENIUM
LODGE

 

 

 
Akkomodasie Marloth Park Wildkykritte Kruger Park Tariewe en Bespreekings English
 

Adenium Lodge bied gerieflike akkomodasie met selfsorgfasiliteite en wildkykritte na Kruger park. Gelee in Marloth Park Mpumalanga naby Kruger Nasionale Park Krokodilbrug en Malelane hekke. Hierdie gerieflikke en bekostigbare akkomodasie is ideaal vir  lang of kort verblyf op pad via Komatipoort na Mozambique en Swaziland.  

DINK NET……………… Sonsondergang. Geel verander stadig na rooi en pers. Die gekok van 'n neushoring, geblaas van impala. Die groen van die knoppiesdoring, haak-en steek en maroela, vervaag tot net die silhoëtte teen die helder lug afgeteken staan. Beweging! 'n Nagapie en sy maat kom met lang spronge van boom tot boom nader. Kyk met groot oë en hoop op ‘n happie. Amper donker, nou. Vir oulaas kom maak die vlakvarke 'n draai. Jy sit nog 'n paar stompe op die vuur en ruik die bekende geur van hardekool en braaivleis, teug aan jou drankie en luister na die veraf gebrul van 'n leeu, die geroep van 'n bosuil. Slaaptyd. Slegs 'n paar treë, dan jou luukse kamer, heerlike warm stort, kraakvars lakens en snoesige, gemaklike bed. Jou laaste gedagte voor jy wegraak.…. waarlik die beste van twee wêrelde!

Ons is nou op Facebook - Kom Kuier

 

 


BnB Akkomodasie

In Marloth Park, Mpumalanga, in die natuurlike bos van die Laeveld, kry jy Adenium Lodge, slegs 20 minute van die Kruger Nasionale Park se Krokodilbrug Hek en 35min vanaf Malelane Hek. Maputo is slegs 90 km ver.

Verblyf

Ons beskik oor 4 dubbelkamers: twee met dubbelbeddens en twee met twee enkelbeddens elk. Die kamers het almal lugversorging, ‘n bosaansig en is toegerus met koffie en tee, beddegoed en handdoeke en privaat badkamers met ‘n warm stort

Selfsorgfasiliteite

'n Onderdak,volledig toegeruste lapa met vries/yskas, alle breekware en messegoed, mikrogolfoond, tweeplaatstofie, braaiarea en opwasplek.

 


Wildkyk

Wildkykritte in Marloth Park en na die Kruger Nasionale Park kan gereël word.

 


Kruger Nasionale Park

Die Kruger Nasionale Park is een van die bekendste reservate in Afrika en die beste in Suid Afrika. Die park dek meer as 2 miljoen hektaar en is die tuiste van die grootste verskeidenheid diere, voëls and ander wild. Die Kruger Park strek van die Krokodil rivier in die suide tot by die Limpopo in die noorde. Adenium is geleë in die suide tussen die Malelane- en Krokodilbrughekke. Daar is puik wildkyk geleenthede in die suidelike streek van die park.


Marloth Park

Marloth Park is 'n bewarea met wild wat ongehinderd in die gebied beweeg. Rooibokke, zebras en vlakvarke is volop, met koedoes, kameelperde, duikers en bosbokke wat dikwels gesien word. Soms besoek selfs leeus, luiperds en jagluiperds ons ook! Adenium se gaste-area is omhein wat dit veilig vir kinders (en hulle ouers) maak. Die koedoes, zebras en vlakvarke is baie vriendelik en dis 'n fees vir voëlliefhebbers.


Tariewe en Besprekings

TARIEWE

Tariewe sal op navraag verskaf word, aangesien daar kortings aangebied word vir bv. spesiale geleenthede of vol besetting.

Besprekings

Bel Susan: 082 920 9914 of Willie: 082 974 8476 of e-pos: info@adenium.co.za

Posadres:
Posbus 107
Hectorspruit
1330
Fisiese adres:
Swartwitpenslaan 2967
Marloth Park
Mpumalanga

  

CottonWebdesign